Disleksie

Disleksie is 'n versteuring wat gekenmerk word deur 'n onvermoë om te leer lees, ondanks voldoende intelligensie en geleenthede. Geletterdheid is van wesentlike belang in die moderne wêreld. Disleksie het dus 'n baie negatiewe invloed op die lewe van die persoon wat daaraan ly. Daar bestaan nie eenstemmigheid oor die faktore wat die toestand veroorsaak nie. Medies gesproke, word disleksie omskryf as 'n toestand wat die gevolg is van neurologiese, rypings- en genetiese oorsake. Uit 'n onderwysperspektief word dit as 'n leerprobleem beskou, terwyl die Wêreldgesondheidsorganisasie dit as 'n taalversteuring beskryf. Feit bly dat disleksielyers probleme ondervind om te leer lees.


Developed by StudentB